POTCHEFSTROOM HERALD

PLAASLIKE DAMME WORD LEEGGENET

Volgens ’n damopsigter is die beskerming van visse in die omgewing vir die owerheid soos water van ’n eend se rug af.

“Ons kry net geen ondersteuning nie,” sê mnr. Johnny Gamba, opsigter by die Klipdriftdam. Voorverlede Donderdagaand het hulle vyf visstropers probeer vastrek wat met nette visvang.

Vier van die verdagtes het weggekom, maar die bestuurder van die voertuig is met nette en kanoe vasgetrek. “Maar daar kon niks aan hom gedoen word nie en hy is slegs aan betreding op privaat eiendom aangekla.”

Hy het in die Fochville landdroshof verskyn en is op R300 borg vrygelaat.