Hy staan op toe skoot klap

‘n Vermeende skietongeluk op Jeugdag

het die lewe van ’n bekende en geliefde rugbyspeler geëis. Die oudste seun (21) van ’n welgestelde Ottosdal-familie is dood toe hy en ’n minderjarige seun op hul plaas gaan vlakvarke jag het.

Die polisie ondersoek ’n moordklag teen die 17-jarige seun wat glo die skoot afgetrek het wat Barnie Bamberger se lewe geëis het. Dié belowende rugbyspeler het gesterf na ’n kopskoot op ’n plaas tussen Ottosdal en Wolmaransstad.