Tuinbou besoek Kruieplaas

Tuinbou in Potchefstroom gaan op 30 September Margaret Roberts
se kruieplaas besoek. Hulle nooi alle belangstellendes om saam
met hulle per bus die bekende en gewilde kruieplaas te besoek.
Vir meer inligting skakel Johan Fourie of Johan Brakel by onderskeidelik
072 709 7432 of 082 805 0266. Tuinbou se volgende vergadering vind op
17 September plaas. Chris Smit sal belangstellendes toespreek oor die
effekte en gebruik van gifstowwe in die tuin. Die vergadering vind om
19:00 by Huis Eikelaan plaas en almal is welkom om dit by te woon.
Vir meer inligting skakel bogenoemde selfoonnommers.