Heritage Erfenis hou unieke skemerkelkie

Heritage Potchefstroom Erfenis en Engel en Volkers Potchefstroom
bied eersdaags ‘n unieke skemerkelkie by die stasie aan. Die
geleenthied, wat op 15 Oktober plaasvind, is ‘n fondsinsameling
ten bate van die NG Moedergemeente wat in 2007 deur ‘n brand vernietig
is. ‘n Besoek word aan die gedeeltelik gerestoureerde kerk op die
hoek van Beyers Naude en Nelson Mandelarylaan gebring om 18:00 waar
die restoureerder, Mione du Toit, die besoekers kortliks aspekte
van die resourasieproses gaan wys. Volgens haar stuur die restourasie-
proses op ‘n tekort van meer as R2.4 miljoen af, en daarom is donasies
broodnodig. Daarna vertrek almal na die historiese Potchefstroom
treinstasie wat uit 1919 dateer. Die heerlike Cousine skemerkelkie
word deur Lizere Linde van Chew – Food Design aangebied. Kaartjies
beloop R60 per persoon en besprekings kan gedoen word deur Me. Elmarie
Weyers by 18 299 5021, of Theo by 073 302 6509 of Rieks by 018 297 1362
te skakel.