Sekretaresse-Dag

Nasionale sekretaresse-dag word hierdie jaar op 2 September gevier. werkgewers word aangemoedig om deel te neem deur sy/haar sekretaresse op die bogenoemde dag vir sowat drie ure af te staan. Die geleentheid vind van 10:00 tot 13:00 by die Feather Hill Spa in Potchefstroom plaas. Dit kos R160.00 per persoon (ete en ‘n geskenk ingesluit). Die gasspreker is Janie du Plessis. Vir plekbespreking of meer inligting, skakel Martie, Isabel of Roelien by (018) 297 7347.