DJ Ossewa span uit by die Buiteklub

Saterdag 17 Julie beloof om groot opwinding vir musiekliefhebbers in te hou.
Ossewa, sowel as ‘n aantal opkomende plaaslike groepe, soos die bekende
Teagan, gaan die Potchefstroom-buiteklub aan die brand speel. ‘n Kroeg en
kosstalletjies is op die perseel beskikbaar. Eie kos en drinkgoed word nie toegelaat
nie. Stoele kan ook gehuur word teen ‘n minimale bedrag en daar is ‘n beperkte
aantal parkeerplekke beskikbaar. Koste is R90 per persoon. Die hekke open om
15:30 en die vermaak begin om 16:30 met DJ Ossewa wat om 19:00 optree.
Vir enige navrae skakel die klub by 018 293 0210.