Casper Vermaak

Broedersancestors is Casper de Vries se splinternuwe vertoning vir 2009 wat landswyd toer.

Dit belowe om ‘n nuwe kant va Casper te openbaar. Potchefstroom kry die geleentheid om hom 19 Augustus in die Sanlamouditorium in Potchefstroom te sien.

Broedersancestors is ‘n nuwe vertoning oor verre verledes, vreemde voorvaders en vrot appels. Casper en sy karakters gaan krap waar dit nie jeuk nie – hulle verre verlede en hulle voorvaders se geskiedenis. Met Casper, Oom Kallie, Hanno, Blertsie en die hele gespuis op een verhoog, kan gehore en gesoute Casparians gerus kom kyk na hoe ver die appel werklik van die boom val…