KANSA Kunsuitstalling

‘n Weldoener van die gemeenskap, Mev. Marietjie Nelson en haar gesin, hou op
29 Julie ‘n uitstalling “My Kreatiewe Familie” ten bate van KANSA. By die geleentheid
sal onder andere hekelwerk, kwilte en skilderye wat duer Mev. Nelson en haar familie
gemaak is uitgestal word. Die uitstalling vind plaas by die NG Bult Gemeente en
ingang is R25.00 vir volwassenes en kinders onder twaalf is gratis. Vir verdere
inligting kan Mev. Nelson by 082 335 8168 geskakel word.